Ek het nie gedink dat ek op my vyf-en-sewentigste nóg eens na die Provence sou gaan om die Mont Ventoux – op eie krag – uit te ry nie. Wat doen ’n ou digter op ’n renfiets wanneer die Ventoux roep? Hy lê die voorbereiding en die klim vas in bike-haiku’s!
My seun vra of ek
wil saamga na die Provence -
die Ventoux roep
Of ek dink dat ek
nog heelhuids die top bereik -
as my lyf dit behaag
Byna sestien myl
teen amper vyf persent - waar
van 'n ou man droom
Geseënd die fietsryer
wat sy gebrek aan talent
met liefde ignoreer
Sault - die beginplek
vir dié wat tydens die klim
erbarming nodig het
Hoe hy die Ventoux
op my ouderdom oorleef het -
met baie pousepyn
Vernoem na die God
van die wind- mag Hy my
genadig wees
Terwyl die wêreld
in vlamme staan - drome van iets
wat magloosheid versag
Soos nuut ná 'n groot
diensbeurt - my lyf kyk
baie jaloers na my fiets
Met seer bene
teen die heuwels op - dat ek
daarvan gelukkig word
Voel my 'n bietjie
beduveld - hoe ouer ek word
hoe harder die wind waai
Die digter Petrarca
was 'n voorloper - sou ek
'n nafietsryer wees
Kyk daar - daardie
ou man sit net so krom
op sy renfiets soos ek
My droewige lot -
stadiger as stadig
die heuwels op
'n Pynlike vers - hy
was hardlopend vinniger bo
as ek op my fiets
Lekker oud worde -
die kuns om alle kwale
uit jou kop te fiets
Jou aneurisme gaan
regtig nie bars nie - sê
my (fietsgek) dokter
Op 'n smal pad
ry ek agter 'n miswa -
ek ruik die lente
Fietsry in die herfs
van my lewe - solank dit maar
lente is in my kop
Weer van die fiets af -
my blaas het baie struike
en elke boom lief
Is ek gereed -
is die Ventoux in my kop
my siel én bene
Die hele week kans op
buie - laat ons hoop
die reën val sag
In de verte lê
die Reus van Provence -
vreesaanjaend mooi
Laat april - somer
en die God van de wind is
in 'n goeie bui
Tussen papawer
en amandelbloeisel - troos
vir wat voorlê
Saam op - ek hoop
my stadigheid put my seun
niet te veel uit nie
Trap vir trap aam ek
myself tot rus - sodat droom
of bene nie suur nie
My seun is pienter -
hy verdwijn al verder weg
uit my sig
Baiku's bedinkend
op die fiets - so glip
die myle verby
Tot by Chalet Reynard
'n klim vir ou manne - van hier
af begin die pret
Bo ses percent
piep my linker enkel - dink
aan my artrose
Swaar kry - soms is
daar niks anders as myself
tot bo toe te droom
Nie genoeg krag
in die bene nie - 'n kuit
wat smag na suurstof
Hoe wil ek môre
terugkyk - die antwoord
verdoof die pyn
'n Gawe - in 'n mitiese
maanlandskap baie swaar kryg
en tog geniet
Terug van die top
fiets my seun langs my en film
sy sukkel-pa
By die monument
vir Tom Simpson - soms
het die dood geen keuse nie
Amper stapspoed -
'n droom wat pynlik stadig
werklikheid word
Hier word in my siel
geroer - hormone voer
'n vrolike dansie op
Moeg maar dankbaar
kom ek bo - ek hoop dat
ek nie gaan snik nie
'n Boodskap huis toe -
ek het dit gemaak
(sonder om te stop)
Rustig afdraand nou -
die kamikazetye
is (helaas) virbij
Sal ek ooit weer op
eie krag só 'n berg uitry -
my lyf sal leer
© Miel Vanstreels, 2026



